Local newsNews

Glansaand by bekende Castle De Wildt beplan

’n Glansaand vol verrassings en musiek uit die boonste rakke word vir Vrydag 2 April deur die AP Kerk van Mookgophong as fondsinsamelingsprojek vir die gemeente en die Naboom Tuiste vir Bejaardes beplan.

Volgens Floris Booysen, een van die organiseerders, wil die gemeente nie net hul eie fondse verstewig nie, maar ook die Tuiste bystaan.

Die spoggeleentheid sal by Castle De Wildt buite Modimolle gehou word en gaste sal deur die gewilde Touch of Class-sanggroep en die begaafde popviolis, Adri Scholtz, vermaak word.

’n Heerlike driegangmaaltyd sal aan die gaste voorgesit word.

“Kerke en ouetehuise gaan, soos sakeondernemings, steeds gebuk onder ekonomiese druk weens die Covid-19-pandemie,” het Booysen gesê.

“Die kerk het verskeie borge ontvang en dit behoort ons in staat te stel om die aand nog meer luisterryk te maak. Dit is altyd vir ons ’n voorreg om blootstelling aan ons spogondernemings soos Castle de Wildt te gee, maar ook om ’n diens aan ons gemeenskap te lewer. Met die geld wat ingesamel word sal die bejaardes in ons omgewing ook voordeel trek. Ons sien baie uit na die spoggeleentheid,” het een van die borge gesê.

Bel vir Floris Booysen by tel. 082 578 1687 om ’n bydrae te maak of plek te bespreek vir die glansgeleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button