Local newsNews

VLU se Soetdoringstreek vereer afgelope jaar se presteerders

Die Vroue Landbou-unie (VLU) gee jaarliks erkenning en betuig eer aan vroue wat uitsonderlik presteer het in die vorige jaar se kompetisies en uitdagings.

Die streekbestuur kies ook elke ses jaar ’n nuwe bestuur. Dit gee aan meer vroue die geleentheid om hulself in leiersposisies te bekwaam.

Die VLU staan hoeka bekend as die “universiteit vir die moderne vrou”.

Die Soetdoringstreek vier op Saterdag 9 April hul 21ste bestaansjaar. Dié verjaardag is tydens die konferensie op Saterdag 12 Maart in Settlers gevier.

Die Vlakte-tak, wat uit slegs ses lede bestaan, was vanjaar die gasvroutak. Hulle het die sowat 100 lede wat die konferensie bygewoon het behoorlik bederf met ’n smullekker ete en soethappies.

Retha Oosthuizen van Olien-aandtak in Modimolle het ’n goue toekenning verwerf vir die meeste punte behaal in konferensieartikels. By haar op die foto is Lilian Weber, uittredende streekvoorsitter. Retha is verkies as nuwe streekvoorsitter van die Soetdoringstreek.
Louise Groenewald van die Naboomspruit-tak in Mookgophong het goud verwerf vir die lid wat algeheel die meeste punte in 2021 behaal het. Ria Strydom (regs) president van VLU-Noord oorhandig die toekenning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button