Local newsNews

Uitlegkunstenaar wys sy staal

Willie Nel, Die Pos se hoofuitlegkunstenaar, het al oor en oor bewys dat hy saam met die groot honde blaf.

Twee advertensies wat hy vanjaar ontwerp het, is die afgelope week nasionaal in die Caxton-groep as wenners in ’n interne kompetisie aangewys.

Die advertensie wat hy vir Modimolle Action Ford (links-bo) ontwerp het, is aangewys as die beste kleinadvertensie.

“Die advertensie is baie kreatief en die ontwerper het die heel beste van ’n klein spasie gemaak,” het die beoordelaars gesê.

In die kategorie vir fokusblaaie het Nel sy volbladontwerp vir Valentynsdag (regs-bo) ’n derdeplek verower.

Willie Nel, hoofuitlegkunstenaar by Die Pos.

“Die ontwerp tref die kol en die kleur staan mooi uit,” was die kommentaar.

Related Articles

Back to top button