Local newsNews

Northam se voorslagvroue gee om vir hul inwoners en omgewing

Die Vroue Landbou-unie (VLU) in Northam is ’n groep raakvatvroue wat bekend geword het vir hul werksaamhede en die opheffing van hul gemeenskap.

Riana Oosthuizen (voor) bied ’n demonstrasie aan die lede van die VLU-Northam-tak om koekies te versier met ingewikkelde ontwerpe. Marietjie van der Merwe, Sandra Meyer en Mari Meintjies staan aandagtig en kyk na die kunswerk in wording.

Getrou aan hul reputasie as voorslagvroue het dié groep vriendinne die jaar op ’n spreekwoordelike knal afgeskop en sedertdien het hulle al verskeie projekte aangepak.

Die VLU se strewe is om opvoedingsgeleenthede aan hul lede te bied om deel te neem aan die landelike en algemene gemeenskapslewe en ook om op ’n daadwerklike en volhoubare wyse terug te ploeg in hul gemeenskappe.

Die VLU se Northam-tak het op Donderdag 3 Maart ’n leerprojek aangebied. Volgens Karin Swanepoel, skakelbeampte van die Northam-tak, is vanjaar se tema “Seisoen van vernuwing”.

Hulle fokus op heuning as projek van die jaar en het dit daarom goed gedink om tydens een van hul byeenkomste alles te leer oor heuning en produkte wat heuning bevat.

Vir meer inligting oor die VLU-Northam se doen en late stuur ’n e-pos vir Karin Swanepoel by kswan.vlu@gmail.com(.)

Related Articles

Back to top button