Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die NG Kerk Nylstroom Oos-gemeente het hul jaarlikse gemeentekamp terdeë geniet nadat dit die vorige jaar gekanselleer is weens die Covid-19-inperkings. Gemeentelede het vanaf Vrydag 4 Maart tot Sondag 6 Maart heerlik saam met die twee leraars van die gemeente, ds. Ewald Schmidt en ds. Danie Ueckermann, by die Weesgerus-vakansieoord net buite Modimolle gekampeer.
Warmpatat: Lanser & Williams-prokureurspraktyk in Bela-Bela sluit eersdaags hul deure ná meer as 50 jaar. Op die foto is David Williams wat sedert 1965 as prokureur in Bela-Bela gepraktiseer het in die gemak van sy huis nadat die swaar kantoormeubels en honderde lêers ontruim is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button