Local newsNews

Voortrekkers se bokshuise, bravade en baie pret by Koedoeskop

Stel jou dit voor: ’n Boskamp onder die Bosveld se sterreprag in ’n laer van kreatiewe boks-gehuggies wat skuiling moet bied teen die elemente.

Dít is hoe die Ysterberg Voortrekkerkommando op Saterdag 26 Februarie die naweek verwyl het.

Voortrekkers het hul skuilings op die rugbyveld van Laerskool Koedoeskop gebou.

Aan kreatiwiteit het daar niks ontbreek nie en soos hul voorsate, het hulle gewys ’n boer maak ’n plan.

Alice Jarman het haar piramiedevormige tent strategies gebou om die dreigende reën en koue buite te hou.
Raymond Wolfaardt het ’n tradisionele Zoeloe-hut uit bokse gebou — kompleet met kleurvolle Afrika-verfwerk teen die mure.
Sophia Jarman (bo) kruip baie ingenome uit haar boks-tent om by haar maats aan te sluit vir ’n aand se pret.

Dié deurnagkamp word jaarliks gehou om die kommando die geleentheid te gee om hul eie skeilings te bou en ook om vriende buite die Voortrekker-beweging te nooi om deel van die prettige ondervinding te wees.

Die Ysterberg-kommando het vanjaar al meer as een byeenkoms gereël waar die gemeenskap kon meedoen in die viering van hul kultuurhistoriese erfenis.

Hou gerus hul program dop en deel in die vreugde.

Related Articles

Back to top button