Local newsNews

VLU Naboom-tak begin met ’n seisoen van vernuwing

Lede van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Naboom-tak in Mookgophong het op Dinsdag 8 Februarie hul jaarprogram op ’n vrolike noot begin.

Die VLU-Noord lê vanjaar klem op die gebruike en voordele van heuning.

Die Naboom-tak se vroue het hul geesdrif getoon en reeds met hul eerste vergadering ’n potplant met ’n pragtige heuningby wat van loodglaswerk gemaak is, uitgeloot vir dié tak se fondsinsameling. Kathy Heyneke was die gelukkige wenner.

Maandvergaderings sal voortaan by Die Oog-aftreelandgoed buite Mookgophong gehou word.

Hulle beplan ’n jaarprogram vol opwinding en leersame aktiwiteite.

Vroue wat belangstel om in te skakel kan vir Louise Groenewald, voorsitter, bel by tel. 083 456 2854 of vir Anneke Kleynhans, skakelbeampte, by tel. tel. 082 698 8313 vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button