Local newsNews

Sonstraal Tehuis vier hul eerste verjaardag

Die Sonstraal Tehuis in Modimolle vier vandeesmaand hul eerste verjaarsdag.

Die tehuis, wat sy deure amptelik op 1 Februarie 2021 geopen het, bied voltydse versorging aan gestremde inwoners ouer as 18 jaar.

Hantie van Aardt, hoof van die tehuis en die Sonstraalskool vir Buitengewone Onderwys, het aan Die Pos vertel hulle kyk met dankbaarheid terug na die eerste jaar.

Die tehuis was aanvanklik in ’n gehuurde perseel in Magazynstraat, maar het intussen verskuif na ’n ruim woning in Bassonstraat.

Op die foto is Aidan Pronk, ook ’n voltydse inwoner wat nie daar was toe die foto geneem is nie.

“Ons sukses kan toegeskryf word aan liefdevolle personeel en die betrokkenheid van ons inwoners se ouers. Daar is soveel mense in ons gemeenskap wat die tehuis op verskillende maniere ondersteun,” het sy gesê.

Die tehuis bied voltydse versorging aan fisiek- en verstandelik gestremdes ouer as 18 jaar in ’n liefdevolle, huislike omgewing. Dit is ook moontlik vir dagbesoekers om by die program in te skakel.

Van Aardt het gesê daar word verskeie werkwinkels aangebied wat die inwoners en dagbesoekers stimuleer.

Daar is ’n daaglikse oefenprogram, asook weeklikse perdry- en swemaktiwiteite.

Sy vertel: “Na afloop van die swemsessies by Weesgerus-vakansie-oord net buite Modimolle, geniet die inwoners ’n jolige piekniek voordat hulle terugkeer na die tehuis.”

Daar is tans plek beskikbaar vir voltydse inwoners. Bel gerus vir Van Aardt by tel. 083 612 0975 of stuur ’n e-pos na: hoof@sonstralers.co.za(.)

Related Articles

Back to top button