Local newsNews

Jonathan Raath steeds vermis

Die owerhede in Thabazimbi het hul soektog na Jonathan Raath (19), wat op Sondag 6 Februarie vermis geraak het, uitgebrei.

Raath is die Sondag laas by ’n kuierplek op die Dwaalboom-pad gesien. Hy het kort, bruin hare en blou oë en het ’n swart langbroek (Adidas), wit T-hemp en swart tekkies aangehad toe hy laas gesien is.

Hester Kloppers, sy ma, het die afgelope week haar dank uitgespreek teenoor lede van die gemeenskap vir hul omgee en voorbidding.

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Thabazimbi is aktief by die soektog betrokke en het inwoners gevra om nie op hul sosiale platforms navraag te doen nie, aangesien die platforms slegs vir noodoproepe is.

Indien inwoners dalk meer inligting of leidrade oor Raath se verdwyning het, kan hulle vir Henk Havenga (Thabazimbi Crisis Control Centre) bel by tel. 066 211 6355 of vir Roelf Krause (GPF) by tel. 083 452 8629.

Related Articles

Back to top button