Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Warmpatat: Inwoners van Bosveldsig in Modimolle kla reeds geruime tyd oor die uiters swak toestand van die hooftoegangspaaie in hul omgewing. Maroela- en Hans Campherstraat het enorme slaggate wat regoor die pad versprei is. Die slaggate is nou gevul met modderwater nadat ’n reënbui  vroeër uitgesak het. Op die foto is die slaggate duidelik sigbaar.
Lede van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) in Bela-Bela is weer volstoom aan die gang om behoeftige mense by te staan. Die SAVF hou elke Vrydag ’n markdag ten bate van hul voedselprojek. Die SAVF voorsien weekliks 40 gesinne van kospakkies. Dié ywerige span het intussen hul spysenieringsdienste aan die publiek beskikbaar gestel. Belangstellendes en mense wat vleis en groente wil skenk, kan vir Hayley Dettmer bel by tel. 066 075 4216 of vir Susan de Klerk by tel. 082 925 9439. Op die foto is die span tydens verlede week se markdag. Voor sit Hayley Dettmer (sekretaris en tesourier). Agter is Jasmyn Koekemoer, Leana Ipland (ondervoorsitter), Susan de Klerk (voorsitter), Bokkie Nagel, Ben Nagel (projekte), Martie en Martin Botha.
Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Soetdoringstreek het die jaar met nuwe ywer en durf op Woensdag 9 Februarie tydens die eerste streeksvergadering in die Settlers-boeresaal begin. Die Soetdoringkring het ’n hele paar nuwe lede verwelkom. Op die foto is Rina Koch (Potgietersrus-tak), Blossem Jordens (Naboomspruit-tak), Loesje Barnard (Naboomspruit-tak), Estelle Kitching (Mabalingwe-tak), Daleen van der Merwe (Warmbad-tak), Tammy Hackett Warmbad-tak), Lilian Weber (voorsitter Soetdoringstreek) en Nettie Calitz (Warmbad-tak). Agter hulle staan Karien Coetzee (Mabalingwe-tak) en Gertie Oosthuizen (Warmbad-tak).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button