Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Warmpatat: Die sypaadjies in Modimolle se hoofstraat word deesdae onwettig as parkeerplek gebruik. Dié foto toon twee voertuie wat heeldag lank voor die gebou van die Waterberg-distrik se departement van gesondheid parkeer was. “Inwoners skud hul koppe in ongeloof en wonder of daar nog Boetebessies by die verkeersdepartement in die dorp werk?” het een leser aan Die Pos gesê.
Prof. Malan Nel (83) lê eersdaags besoek in Modimolle af waar hy op Sondag 13 Februarie om 09:00 in die NG Waterberg-gemeente op die hoek van Kerk- en Thabo Mbekistraat (R101) sal preek. Nel is alombekend as predikant, gemeentebouer en dosent wat vir jare by die kweekskool van die Universiteit van Pretoria, asook Vista Universiteit, onderrig het. Hy het ’n passie vir jeugbediening en was die leier van die destydse Jeug-tot-Jeugaksie-bediening in Suid-Afrika. Sy doktorale verhandeling, Jeug en evangelie, is in 1982 gepubliseer waarna talle boeke gevolg het. Nel het ook gereelde Bybelstudie-dagstukbydraes in die media gelewer.
Sakelui van Bela-Bela het die afgelope week self begin optree om die vervalle toestand van die dorp se paaie te verbeter omdat dienslewering in die dorp teen ’n slakkepas geskied. Pieter van Heerden, sakeman van die dorp, het geld bewillig om slaggate in Industriaweg te herstel. Sy werkspan het ook opdrag gekry om die slaggate in Chris Haniweg te herstel. Dit was aanvanklik moeilik om die korrekte teermengsel te bekom wat die slaggate volhoubaar sou herstel. ’n Plaaslike diensverskaffer het egter na vore gekom en ’n goeie gehalte produk teen bekostigbare pryse beskikbaar gestel. Piet en Carin Botha, wat ook by AfriForum betrokke is, versprei die teerproduk. Op die foto is Johan Pretorius en Godfrey Tinarwo besig om die gate in die industriële gebied te herstel. Hulle is bygestaan deur Laiden Lebogo, Morris Mpete en Frans Leboho.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button