Local newsNews

Fotografieklub verkies nuwe bestuur

Die gewilde Warmbad-fotografieklub, wat jare lank vir inwoners die geleentheid bied om hul spogfotos te vergelyk, het ’n nuwe bestuur gekies wat in die toekoms die voortou sal neem.

Elaine Els is as voorsitter gekies en sal bygestaan word deur Gerda de Bruto (tesourier) en Wilna Venter (sekretaris).

Die bestuur beoog om die klub se bedrywighede aansienlik uit te brei en vra inwoners wat belangstel in fotografie om by hulle betrokke te raak.

Die klub se oogmerk lê in die kuns en skepping van goeie fotografie. Hulle wil lede bemagtig om hul kundigheid uit te brei en hul fotografiese kennis en ondervinding te deel.

Die klub beoog om in die komende jaar gereeld uitstappies te reël en sal graag bystand bied in terme van fotografiese kennis en ondervinding, praktiese werkwinkels, deelname aan plaaslike- en internasionale kompetisies en uitstallings en affiliasie by Photographic Society of South Africa (PSSA).

Beoordeling sal elke tweede Dinsdag van die maand om 17:30 plaasvind.

’n Paneel professionele en onpartydige beoordelaars sal gebruik word om die foto’s te evalueer.

Die algemene jaarvergadering word op Dinsdag 8 Februarie gehou. Almal is welkom.

Vergaderings of byeenkomste sal almal in Jacolene Hof 1, Lunaweg, Bela-Bela om 17:30 gehou word.

Vir navrae bel vir Elaine Els by tel. 082 854 8042, Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 of Wilna Venter by tel. 083 329 1045.

Die e-pos adres vir die klub is wbkfotos@gmail.com(.)

Related Articles

Back to top button