Local newsNews

Waatlemoen, woeligheid en lekker waterkaskenades vir die Vories

Kan daar iets lekkerders wees om die nuwe jaar mee af te skop as ’n seepgladde waterwurm om die somerhitte te verdryf en ’n sappige skyf soet waatlemoen in die hand?

Dit is presies hoe die Ysterberg Voortrekkerkommando in Thabazimbi op Donderdag 13 Januarie hul bedrywigheid vir die jaar afgeskop het.

Die kommando het hul tradisie voortgesit deur ’n heerlike waatlemoenfees op hul eerste vergadering te hou.

Die Ysterberg-kommando het die afgelope twee jaar aansienlike groei getoon en wil meer jongmense aanmoedig om by hulle aan te sluit.

Die Voortrekkers bied aan jonk en oud ’n uitlaatklep en ouers kan gerus ook hul gewig by die Voortrekker-familie ingooi.

“Die waatlemoenfees was hope pret,” het Karen Naudé, een van die offisiere, aan Die Pos gesê. “Ons wou graag by soveel as moontlik skole kuier en kinders aanmoedig om deel te word van die Vories voordat die skooljaar in alle erns begin.”

Die Voortrekkers is jare lank bekend as een van die grootste jeugbewegings in die land met een doel voor oë: die ontwikkeling van toekomstige leiers.

Hulle leer die jeug speel-speel verskeie vaardighede aan en help hulle vorm tot selfstandige en veelsydige volwassenes.

Bel gerus vir Karen Naudé by tel. 083 996 3237 of Danie Naudé by tel. 082 738 6737 vir meer inligting oor die Ysterberg Voortrekkers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button