Local newsNews

Kaalvoet oor die Waterberg

Peter Calcott (18) is ’n Waterberger in murg en been wat eersdaags ’n vierdagstaproete kaalvoet oor die Waterberg-plato aanpak om in sy voorvaders, wat ses generasies ver strek, se voetspore te stap. 

Peter se ouers, Philip en Juliet Calcott, woon op die plaas Boschdraai ongeveer 27 km buite Vaalwater.

Met dapper en stapper is Peter Calcott (18) van Vaalwater gereed om sy kaalvoet-staptog oor die Waterbergplato op Dinsdag 18 Januarie te begin. Hy dra water en padkos met hom saam vir die ongeveer 30 km wat hy elke dag wil aflê. Die roete vir dag een strek verby Geelhoutkop, ’n bekende uitkykpunt gedurende die Anglo-Boere-oorlog, tot by 24-Riviere waar sy oupagrootjie, Ted Davidson, die oorspronklike plaashuis in 1910 gebou het. Hier sal hy oornag sodat hy die volgende dag die staptog kan voortsit.

Peter en sy susters was leerders van Waterberg Academy in Vaalwater, maar Peter het weens sy vakkeuses sy hoërskoolloopbaan in 2021 by Hatfield Christian School in Pretoria afgesluit.

Die staptog, wat op Dinsdag 18 Januarie omstreeks 07:00 aan die beginpunt van die historiese Tarentaalpas (ook bekend as Tarentaalstraat) noord van Alma afgeskop het, strek oor 115 km en eindig op Vrydag 21 Januarie by Swebeswebe Lodge.

Peter dra net water en padkos saam vir die ongeveer 30 km wat hy elke dag wil aflê.

Die doel van die staptog is om die kultuurhistoriese erfenis, asook die ongerepte natuurskoon van die Waterberg, te beklemtoon. Hy wil ook daarmee geld insamel om ’n spesiale jaarkursus te volg wat gefokus is op karakterontwikkeling en lewensvaardighede.

Belangstellendes kan Peter se staptog op Facebook of Instagram (barefootacrosstheberg) volg.

  • Hou Die Pos dop vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button