Local newsNews

Helpende Hand reik nou tot in Thaba

Die bekendstelling van Solidariteit Helpende Hand se Northam/Thabazimbi-tak is op Saterdag 4 Desember by Die Dorsmasjien in Thabazimbi gehou.

Thabazimbi se Fire and Rescue-eenheid sal in die toekoms deel van dié liefdadigheidsorganisasie se projekte wees.

Helpende Hand is landwyd bekend as ’n liefdadigheidsorganisasie wat fokus op opheffing deur opvoeding.

Die streeksorganiseerder in Limpopo, Marianthie Botha, het aan Die Pos gesê sy is opgewonde om te sien wat die span in die toekoms in Thabazimbi-omgewing vermag.

“Ons sien uit daarna om nou saam met Thabazimbi Fire and Rescue te werk en glo ons sal ’n daadwerklike verskil in Thabazimbi maak,” het sy gesê. “Ons het reeds ’n hele aantal projekte vir aanstaande jaar beplan en ons begin met ’n besoek in Januarie om Helpende Hand-tassies af lewer as deel van ons Tassie-projek. “Ons is ook besig om ’n nuwe Ons Winkel-konsep in Thabazimbi tot stand te bring met René Jansen aan die stuur van sake.”

Jansen is verkies as voorsitter van die Helpende Hand Northam/Thabazimbi-tak.

Saam met haar op die bestuurskomitee is Jennie Streak (ondervoorsitter), Charline Gouveia (sekretaris), Yolandi Munnik (skakelbeampte), David Gouveia (tesourier) en Pierre Loots (addisionele lid).

Vir meer inligting oor Helpende Hand Northam/Thabazimbi-tak kontak gerus een van die volgende:

  • Jenny Streak by tel. 071 352 9495.
  • René Jansen by tel. 073 429 9411.
  • Charline Gouveia by tel. 072 748 6198.
  • Yolandi Munnik by tel. 065 909 9696.

Related Articles

Back to top button