Local newsNews

Geloftefees in Bela-Bela gevier

’n Geloftediens word weer vanjaar op Donderdag 16 Desember om 08:40 by die NG Kerk Warmbad-Wes-gemeente aangebied.

Die verrigtinge begin met samesang. Daar sal ook ’n voorlesing gedoen word uit die Afrikaans vertaalde dagboek van Jan Gerritze (JG) Bantjes, sekretaris van Andries Pretorius, tydens die slag van Bloedrivier.

Bantjes se dagboek is een van die betroubaarste bronne waarin die slag van Bloedrivier opgeteken is.

Bantjes het hierdie dagboek in vroeë of ou Nederlands geskryf wat dit onverstaanbaar vir baie Afrikaanse lesers maak.

Vanweë die antieke aard van die dagboek as geskiedenisbron, is ’n Afrikaanse-weergawe nie geredelik beskikbaar nie.

Ds. Kokkie Kok, oudleraar van Bela-Bela en tans ’n inwoner van die Rusoord Tehuis vir Bejaardes, het egter die taak aangepak en die dagboek in Afrikaans vertaal.

Dr. Barry van Wyk sal die erediens waarneem.

Die Warmbad Geoftefeeskomitee nooi almal hartlik uit om na afloop van die verrigtinge verversings in die kerksaal te geniet.

Vir meer inligting bel vir Reint van de Pol by tel. 082 563 7602.

Related Articles

Back to top button