Local newsNews

VLU sluit jaar op vrolike noot af

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Nylstroom-tak het die jaar op Donderdagmiddag 25 November op ’n vrolike noot afgesluit.

Die geleentheid, wat by Castle De Wildt net buite Modimolle plaasgevind het, is deur meer as 50 VLU-lede bygewoon.

Die gaste is vermaak deur die Kokanje Grafsteensangers wat met hul debuutvertoning die gaste laat skater het.

Fanie en Ina Pretorius het in 1971 begin om Grafsteensangerliedjies by huispartytjies en ander gesellighede op te voer. Dit het later gelei tot die stigting van die bekende (tweede) Grafsteensangers-groep wat etlike jare landwyd getoer het met hul vertonings.

Hoewel die egpaar in die Kokanje-aftreeoord in Modimolle afgetree het, kon hulle nie vir lank stilsit nie en is die Kokanje Grafsteensangers vanjaar gestig.

Sewe van die nege lede woon in Kokanje en hulle beplan talle optredes vir aanstaande jaar.

Die jongste lid, Inus Vorster (28), en sy pa, Schalk, is albei musikante wat in Modimolle woon.

Die vroue van die VLU sê dit was ’n voorreg om ’n moeilike jaar op so ’n vrolike noot af te sluit.

Related Articles

Back to top button