Voor sit Andries van der Heyde (verslaggewer: Bela-Bela), Lené Louw (ontvangsdame in die Modimolle-kantoor) en FC Pelser (verslaggewer in Thabazimbi). In die tweede ry sit Sarita Kriek-Vosloo (verslaggewer in Modimolle en Vaalwater), Sue Kotze (proefleser), Marietjie Steenkamp wat op haar unieke wyse verslag doen oor nuus en die deurnis in Mookgophong en Tuinplaas en langs haar sit die redakteur van Die Pos, Keina Swart. Agter staan Petro Greeff (advertensies en kantoorhoof in Modimolle), Maria Oberholzer (advertensies en die warm glimlag by ontvangs in die Bela-Bela-kantoor), Dion van Eck is die rekenaarkenner en Johanna Makwela sorg dat ons kantore aan die kant bly en sy tree ook op as bode. Langs haar Maria Makwela (advertensies en die sagte en rustige stem oor die telefoon). Op die punt staan Anneline du Preez wat Die Pos se geldsake met ’n ysterhand in ’n fluweelhandskoen bestuur. Heelagter staan Willie Nel, die kunstenaar by uitstek wat verantwoordelik is vir al die bladuitleg van ons koerante en fokusblaaie. Op die punt agter is Lesley Barnard wat die bladuitlegwerk vir die Thabazimbi-uitgawe doen en ook advertensies werf.
Die personeel wou op ’n infor-mele wyse kuier, lekker eet en in ’n mooi omgewing ’n terugblik hê oor die jaar se steil bulte wat hul oorkom het.
Linda Laubscher en haar personeel van Metsi-Metsi het ons behoorlik op die hande gedra en bederf. Herman Steyn het die foto’s geneem.
Keina Swart (regs) word deur Marietjie Steenkamp (links) aangemoedig om “hoofkantoor” te skakel en moontlik vir almal ’n groot Kersbonus te beding.