Local newsNews

Wys gerus vir die inwoners hoe lyk Thabazimbi deur jou oë

Die reuk van ’n braaivleisvuur, ’n koppie koffie in die hand en die geluide van die Bosveld.

Die geritsel van ’n raasblaar as die wind saggies waai, die tjank van ’n jakkals in die verte en die gekoggel van ’n swerm neushoringvoëls — Dít is die lewe in Thabazimbi.

Hierdie skilpad is afgeneem toe Die Pos se verslaggewer verlede naweek in Leeupoort gaan kuier het.

Vir ’n vreemdeling is dit ’n unieke gesig, maar vir die inwoners van Leeupoort is dit wat hulle “huis” noem.

Mense daar eet aandete op die balkon terwyl die vlakvarke in rye voor hul huise verbyloop.

Nagapies spring van tak tot tak en koedoes loop sommer by die kamervenster verby of kuier op die voorstoep met ’n bederfie in die bek.

Die Pos wil sien hoe lyk Thabazimbi deur lesers se oë. Of dit nou ’n mooi natuurtoneel, ’n groep kinders wat smiddae ná skool sokker speel in die parkie, ’n ry impalalelies wat helderpienk teen die hei- ning groei of ’n mynhoop wat ná jare rehabiliteer — ons wil graag sien wat vir die inwoners spesiaal van hul dorp is.

Stuur gerus foto’s na thabapos@gmail.com en wys ons hoe lyk Thabazimbi deur jou oë.

Related Articles

Back to top button