Local newsNews

Kolwyntjies vir ’n goeie saak

’n Groep vrywilligers van Bela-Bela kry solank die bestanddele bymekaar om op Donderdag 9 Desember dosyne kolwyntjies vir ’n goeie saak te bak en te verkoop.

Cup Cakes of Hope is ’n landwye projek waartydens kolwyntjies verkoop word om geld in te samel vir kinders wat aan ernstige siektetoestande soos kanker ly en wie se ouers sukkel om hul mediese onkoste te betaal.

Sakelui, ouers en almal met ’n hart vir dié saak, word gevra om solank kolwyntjies te bestel.

Dit sal op die betrokke Donderdag in Bela-Bela by die plek van keuse afgelewer word of dit kan afgehaal word by Cut n Jayd-haarsalon in die dorp. Mense kan soveel kolwyntjies bestel as wat hulle wil, maar nie minder as ses nie.

Die organiseerders vra ’n donasie van R10 of R20 per kolwyntjie.

Mense kan solank bestellings plaas by Amanda Humphreys by tel. 082 979 4717 of by Linn Lubbe by tel. 079 761 5490.

Related Articles

Back to top button