Local newsNews

Vroue met omgeeharte sluit jaar op hoë noot af

Die spreekwoord lui: “Agter elke suksesvolle man staan daar ’n vrou” en so staan daar ook agter elke suksesvolle gemeente ’n groep gemeentelede wat elke dag agter die skerms hard werk om die gemeente te ondersteun.

Die sustersvereniging van die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHSV) – Vliegepoort is so ’n groep vroue.

Hulle reël kerkbasaars in samewerking met die kerkraad, hou koekverkopings, behartig spyseniering, sien om na die maatskaplike probleme in die gemeente en ook in die gemeenskap en doen opheffingswerk waar dit nodig is.

Die afgelope week het die NHSV-Vliegepoort ’n welverdiende blaaskans geneem en teruggekyk op ’n jaar van uitdagings en baie seëninge.

Hulle het op Dinsdag 9 November by die Henry Hartslief-koffiewinkel byeengekom vir hul jaarlikse afsluiting.

Die tema was vanjaar “Wit olifante” en elke gas het by die koffiewinkel opgedaag geklee in ’n uitrusting wat al baie lank agter in die kas hang en nie aan die nuwe modeneigings voldoen nie.

Die modes van weleer het baie spontane glimlagte ontlok.

Gwen Holtshauzen, eienaar van Henry’s, het gesê die geleentheid was baie prettig en sy is saam met die gemeente bly om terug te kyk op ’n suksesvolle jaar.

Related Articles

Back to top button