Local newsNews

DIT IS NAG vir matrieks

Beurtkrag pootjie matriek-eindeksamens.

Suid-Afrikaners gaan die afgelope week gebuk onder van die ergste beurtkrag in jare.

Behalwe dat dit veral sakeondernemings op hul knieë dwing, word toerusting beskadig, voedselproduksie vertraag en matrieks skryf tans eindeksamen ná een van die mees uitdagende akademiese skooljare.

Die Covid-19-pandemie het matrieks gedwing om van aanlynstudies gebruik te maak, maar ook dié metode word nou bedreig.

Matrieks met wie Die Pos gesels het, sê hulle sit hande in die hare oor Zoom-lesse vir ekstra klasse wat in die slag bly, vraestelle wat nie gedruk kan word nie en notas wat nie op selfone, tablette of rekenaars nagegaan kan word nie.

Related Articles

Back to top button