Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Harold Graham Spencer (70), ’n bekende in veiligheidskringe van Bela-Bela, is op Dinsdag 26 Oktober aan natuurlike oorsake oorlede. Spencer was ’n aktiewe lid van die plaaslike AfriForum-tak, die gemeenskappolisiëringsforum (GPF), buurtwagte, en hy was betrokke by die stigting van die plaaslike reaksiespan, RSRT, wat opleiding aan buurtwaglede bied. Hy word onthou as ’n man met groot deernis vir sy gemeenskap en vir sy vrou, Rita, en hul kinders. Spencer se begrafnis het op Saterdag 30 Oktober by die Methodiste-kerk in die dorp plaasgevind.
Maritz Grobler snr. (79), bekende boer van die Bela-Bela-omgewing, is op Maandag 1 November oorlede nadat hy ’n abdominale aorta-aneurisme gehad het. Volgens sy familie is hy na ’n privaat hospitaal geneem nadat hy gesondheidsprobleme ondervind het, maar hy is kort ná sy aankoms daar dood verklaar. Grobler is in 1942 gebore en het sedert 1960 op die plaas, Athlone, gewoon en gewerk. Hy het baanbrekerswerk in die landbousektor op die Springbokvlakte gedoen. Hy laat sy vrou, Lisbeth, en seuns Peet, Reint, Tonie en Maritz Grobler, hul egenotes en agt kleinkinders na. Grobler se begrafnis is op Vrydag 5 November vanuit die NG Kerk Tuinplaas.

Related Articles

Back to top button