Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

’n Foto van die haglike toestand van die Alma-pad buite Bela-Bela wat verlede week in Die Pos geplaas is, het die DA genoop om ’n dringende skoonmaakprojek daar te loods. Die oop stuk veld weerskante van die Alma-pad word as onwettige stortingsterrein gebruik en skrik volgends eiendomsagente en mense in die toerismebedryf besoekers af. Die foto toon DA-lede van die dorp wat vullis opruim.
Warmpatat: Die Pos kon nie help om dié gehawende landsvlag die afgelope week voor die departement van onderwys se streekkantoor in Chris Hanistraat, Modimolle, op te merk nie. Die foto is op Maandag 25 Oktober geneem. Hopelik is die vlag nie ’n weerspieëling van hoe dit met onderwyssake in die provinsie gaan nie.
Gideon Jacobs en Caru (voorheen Radford) is op Saterdag 2 Oktober by Mountain View Game Ranch buite Mookgophong getroud. Gideon is ’n oud-leerder van Hoërskool Hans Strijdom en Caru was in 2012 in Hoërskool Nylstroom. Gideon is tans ’n voorman by die Syferfontein-prosesseringsaanleg buite Modimolle. Caru is ’n onderwyser by Laerskool Nylstroom. Gideon se ouers is Johan en Julie Jacobs en Caru se ouers is Jack en Elna Radford, almal bekendes in die Waterberg-omgewing.

Related Articles

Back to top button