Local newsNews

Nuwe VLU-president bring vonkel na Naboomspruit-tak

Die vroue van Mookgophong het op Dinsdag 21 September tydens die VLU Naboomspruit-tak se maandvergadering hul harte en arms oopgemaak vir die nuwe president van die VLU-Noord-streek.

Die vergadering by Pulani Park in Mookgophong was die ideale geleentheid vir Ria Strydom, wat pas verkies is tot nuwe president van die VLU-Noord-streek, om in te loer en die vroue te motiveer met haar inspirerende boodskap.

Sy het gesê die VLU moet uitgebou en bewaar word sodat taklede se nageslag ook dié wonderlike organisasie kan beleef.

Die Naboomspruit-tak het haar gul verwelkom met ’n glasie vonkelwyn en die wens uitgespreek dat haar verbintenis met die vroue van dié tak lank en gelukkig sal wees.

Judy Roux, dieetkundige en afgetrede dosent in dieetkunde, was die gasspreker by die vergadering. Sy is deesdae ’n inwoner van Die Oog-aftreeoord buite die dorp.

Sy het die vroue bemagtig met interessante feite oor gesondheid, leefstyl en die belangrikheid van oefening.

Related Articles

Back to top button