Local newsNews

Laat die harte warm klop

Wêreldhartdag word elke jaar op 29 September gevier.

Dit is in 1999 deur die Wêreldhartfederasie begin om mense regoor die wêreld bewus te maak en in te lig oor kardiovaskulêre siektes en om hulle aan te moedig om ’n gesonde leefwyse te handhaaf.

Volgens die federasie se webblad sterf 17,9 miljoen mense jaarliks aan kardiovaskulêre siektes insluitend hartsiektes en beroerte.

Die dag word elke jaar gevier met ’n sentrale tema en vanjaar is dit “Use heart to connect with your heart”.

Volgens Mignon Vosloo, ’n fisioterapeut van Mookgophong, klop die gemiddelde mens se hart ongeveer 2,5 miljard keer tydens ’n gemiddelde leeftyd van 66 jaar.

Sy sê om ’n hart se gesondheid te handhaaf is fisieke aktiwiteite en ’n gebalanseerde dieet nodig.

“Dit verg net 20 minute se oefening per dag om ’n verskil te maak. Jy het net een hart — pas hom op,” het sy aan Die Pos gesê.

Vosloo het BSc Fisioterapie aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Wêreldhartdag is die eerste keer in 1999 in samewerking met die wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gevier.

Antoni Baye de Luna, voormalige president van die WGO, het met die idee vorendag gekom en tot in 2011 is die dag op die laaste Sondag van September gevier. Sedert 2012 word dit jaarliks op 29 September gevier.

Gewoonlik word sportbyeenkomste en konserte gereël vir die bewusmaking, maar weens die Covid-19-pandemie kon dit nie plaasvind nie.

Die WGO is ’n nie-regeringsorganisasie wat in 1972 gestig is en is gevestig in Genève, Switzerland en verteenwoordig ongeveer 100 lande.

— Bron: World Heart Federation

Related Articles

Back to top button