Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Vroue Landbou-unie se Mabalingwe-tak het op Dinsdag 13 April ’n besoek aan die Voortrekker Monument in Pretoria gebring. Op die foto is Denise Shaw en Kitty Bodenstein. Agter hulle staan Olive de Lange, Anneke Rautenbach en Meisie Furter. Die VLU moedig Waterberg-inwoners aan om hierdie kultuurhistoriese monument te besoek. Museums en ander geskiedkundige plekke trek noustrop ná die inperkings van die Covid-19-pandemie en maak nou meer as ooit tevore staat op ons bydraes om hierdie skatte vir die nageslag te bewaar.
Inwoners van Bela-Bela het met hartseer verneem van die dood van Neville Haarhoff op Maandag 20 September. Hy het jare lank aan kanker gely en is in ’n Pretoriase hospitaal oorlede. ’n Woordvoerder van die Sondela-natuurreservaat het gesê Haarhoff was baie geliefd by die personeel van dié natuurreservaat waar hy die afgelope 22 jaar die finansiële bestuurder was. Hy het die respek van sy medewerkers, gemeenskap en sakevennote geniet en ’n reusebydrae gelewer tot die groei en ontwikkeling van die natuurreservaat en die geaffilieerde takke van die maatskappy. Hy word onthou as ’n man van integriteit en empatie en was altyd behulpsaam. Diegene wat deur sy vriendskap, leiding of mentorskap geraak is, sal hom ewig dankbaar wees vir die voorbeeld wat hy gestel het. “Sy Sondela-familie sal hom ontsettend mis.” Teen druktyd was daar nog geen begrafnisreëlings bekend nie.

Related Articles

Back to top button