Local newsNews

Dexterbeeste is ’n aanwins vir boere

’n Goeie beeskudde hou nie net finansiële voordele in nie, maar kan die eienaar ook die geleentheid bied om op skoue met sakke vol goue toekennings bekroon te word.

Nean van Zyl, ’n beesboer van Noodhulp buite Bela-Bela, het begin September aan die Overvaal Bedford-klubskou deelgeneem waartydens sy Dexter-stoet, met die naam Kalfies Kraal Dexters, vyf eerste plekke en twee tweede plekke in die groepkategorieë behaal het.

Hy het ook drie kategorie-titels in die sak gesteek en een van sy diere is as reserwekampioen gekroon.

“Ek en ’n vennoot, Frank Hinze, het in 2018 die stoet danksy kunsmatige inseminasie-prosesse (KI) begin. Ons het die embrio’s na Envitro Africa in Parys gestuur en daaruit het ons 18 embrio’s in koeie oorgeplant waarna 10 kalfies gebore is.”

Van Zyl het verduidelik dat Dexter-beeste as dubbeldoelrasbeeste bekend is. Hulle word bemark vir gehalte vleis én melk.

“Die Dexters is oorspronklik in die vroeë 1900’s vanaf Ierland na Suid-Afrika ingevoer en het baie goed in die land aangepas. Hulle het ook in die Bosveld goed aangepas,” het hy gesê. “

Hulle is geskik vir boerderye op kleinhoewes en is nie temperamenteel nie. Vir die huisvrou wat hou van goeie vleis en melk, en dalk tuisgemaakte kaas en joghurt, is Dexters altyd ’n aanwins.”

Van Zyl het gesê hy was stomgeslaan toe sy kudde só goed presteer het op dié groot skou.

Hy hoop dat sy kinders ook in sy passie sal deel en in die toekoms deel sal word van die boerdery en skouproses.

Related Articles

Back to top button