Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

’n Gedeelte van die openbare parkie op die hoek van Ludorf- en Reitzstraat in Bela-Bela is op Saterdag 28 Augustus glo kwaadwillig aan die brand gesteek. Die vlamme het gou die lang, droë gras verswelg. Geen skade is aan strukture, geboue of nabygeleë wonings aangerig nie. Die hulp van die RSRT-buurtwag, asook PRSS-veiligheidsmaatskappy, is ingeroep, maar teen druktyd was niemand aangekla nie. Die Pos skryf die afgelope jaar gereeld oor kwaaddoeners wat in dié parkie oornag, laatnag kuier en inwoners se vrede versteur. Inwoners wat wil kla oor onwettige bedrywighede by die parkie, kan die munisipaliteit skakel by tel. (014) 736 8000. Inwoners kan ook vir Martin van Blerk van PRSS bel by tel. 073 210 7032 of vir Gerhard Olivier, AfriForum-voorsitter en RSRT-bestuurslid, by tel. 079 527 9988.

Related Articles

Back to top button