Local newsNews

Kom pluk gerus

“Wat jy saai sal jy maai is ’n Bybelse beginsel en wanneer ’n mens welwillendheid in jou gemeenskap saai, sal die oes altyd vermeerder.”

Só sê past. Jan Buys van die Koinonia-gemeente in Modimolle.

Hy het ’n jaar gelede ’n groentetuin op sy sypaadjie begin waar inwoners self enige beskikbare groente kan oes vir eiegebruik.

Daar is gewoonlik heelwat spinasie, tamaties en blaarslaai beskikbaar. Hy vertel dat hulle voorheen baie sukses gehad het met die groei van murgpampoentjies, vlapampoentjies (Patty Pans) en radyse.

Hy moedig ander inwoners aan om ook sulke sypaadjiegroentetuine te begin met groente wat redelik gehard is en vinnig groei.

Inwoners is welkom om te gaan groente pluk op die hoek van Kerk- en Boshoffstraat in die dorp.

Related Articles

Back to top button