Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Waterbergers dink met heimwee terug aan die alombekende deuntjie van die roomyskar op ’n snikhete Saterdag- of Sondagmiddag. Nou is hierdie deuntjie vir altyd in Modimolle stil. Die Pos het verneem dat Johan van Biljon (72), eienaar van die pastelpienkroomyskar wat vir bykans 20 jaar deur Bela-Bela en Modimolle se strate gery het, op Saterdag 3 Julie oorlede is. Van Biljon, wat weens oogprobleme feitlik blind geword het, het die afgelope vyf jaar saam met sy vrou, Christa, by hul kinders in Pretoria gewoon. Hy laat sy vrou, drie dogters en hul eggenote, asook vier kleinkinders agter. Foto: Verskaf
Statistieke toon dat misdaad in Limpopo die afgelope paar maande toegeneem het en juis daarom is dit belangrik dat die polisie, buurtwagte en privaat veiligheidsinstansies kragte saamsnoer. Lede van African Wildlife Services (AWS) se veiligheidsafdeling het op Woensdag 18 Augustus aan rolspelers in die bekamping van misdaad ’n demonstrasie gelewer van hoe opgeleide honde gebruik word om misdaad hok te slaan. Die demonstrasie is op ’n privaat reservaat net buite die dorp gehou.

Related Articles

Back to top button