Local newsNews

Wys ons hoe lyk Thabazimbi deur jou oë

Om wilde diere van jou voorstoep af te sien, is niks vreemds in Thabazimbi nie.

Met talle wildplase in en om die dorp sien mense gereeld ’n apie of twee, ’n paar bobbejane of ’n trop bokke.

Ansie Swart het onlangs ’n swerm geelbek-neushoringvoëls afgeneem wat vir die afgelope vier jaar al gereëlde kuiergaste op haar en haar man se plaas net buite die dorp is.

Swart vertel dat dié swerm voëls eendag aangemeld het vir ete toe sy die hoenders op die plaas gevoer het en sedertdien het hulle gegroei van slegs ’n paar voëls tot amper 40.

  • Die Pos wil graag sien hoe Thabazimbi deur jóú oë lyk.

Stuur gerus vir ons foto’s na thabapos@gmail.com en wys vir ons wat dié dorp vir jou uniek maak.

Related Articles

Back to top button