Local newsNews

Inwoners se lofgesange in strate bring moed

Die gemeenskap van Mookgophong het in hierdie moeilike tye waarin ons tans leef, besluit om as gemeenskap byeen te kom en saam te sing vir die dorp se inwoners en ook om eer te bring aan God.

Die inisiatief is deur inwoners verwelkom en die eerste “Naboom sing tot Eer van God” het op Maandag 19 Julie voor die Naboom Tehuis vir Bejaardes in die dorp plaasgevind.

Volgens Riehette Smit, een van die organiseerders, het hulle sekere sentrale plekke in die dorp uitgewys waar daar onder leiding van past. Quintin Kellerman van die AGS Bron-gemeente gesing word. Hy doen ook vir die dorp en gemeenskap voorbidding by hierdie geleenthede.

“Die rede hiervoor is omdat ons land tans gebuk gaan onder onluste en baie huishoudings in ons dorp en ons land is erg geraak deur die Covid-19-pandemie,” het Smit aan Die Pos gesê.

Ongeveer 60 mense het op Dinsdag 20 Julie by die OK-sentrum byeengekom en lofliedere gesing.

Die groep beoog om weekliks by verskillende plekke in die dorp byeen te kom en te sing.

Smit het gesê die doel hiervan is om as gemeenskap hande te neem en mense te bemoedig in ’n tyd van onsekerheid en soveel hartseer.

Related Articles

Back to top button