Local newsNews

Grootse poging geloods om suurstof te bekom

Die afgelope paar weke het verskeie mense in Mookgophong en omgewing aan Covid-19 gesterf en het daar ’n groot behoefte ontstaan na suursof vir pasiënte.

Inwoners van die dorp het soos een man saamgestaan en besluit om suurstofmasjiene vir pasiënte in nood aan te skaf.

Volgens Mokone du Preez, voorsitter van die plaaslike sakekamer, het ’n inwoner, Gerda Moller, hom gebel en versoek om ’n projek te loods om suurstof as noodbystand te bekom.

“Toe ek begin navraag doen oor die bekombaarheid en koste van suurstofmasjiene of sillinders, het ek besef dat dit nie ’n maklike taak is nie en dat daar baie streng regulasies is.

Inwoners sal ook moet help om die projek ’n werklikheid te maak deur te help om geld in te samel,” het Du Preez gesê.

Die doel is om die suurstof op ’n sentrale plek te hou volgens alle spesifikasies. Dit sal net beskikbaar wees op  aanbeveling van ’n geneesheer. Dit sal ook net wees om iemand in nood te help totdat die pasiënt gehospitaliseer kan word of totdat die medikasie begin werk.

Die sakekamer het ’n rekening beskikbaar gestel waarin mense geld kan inbetaal. Tot dusver is daar meer as R40 000 ingesamel. Dit is egter nie genoeg nie en die mikpunt is om R100 000 in te samel.

Die rekening word deur Nic Pretorius bestuur en donateurs kan gerus voel dat die geld korrek aangewend sal word.

Antoinette Wagener, Karin Pretorius en nog ’n vrou wat verkies om anoniem te bly, het onderneem om die projek te help koördineer.

Die sakekamer doen ’n beroep op die gemeenskap om te help om hierdie projek te ondersteun, want suurstof moet ook telkens aangevul word.

Enigeen wat ’n bydrae wil lewer, kan dit doen by:

  • Naam: Naboom Sakekamer
  • Bank: FNB (Business Account)
  • Rekeningnommer: 628 084 390 47.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button