Local newsNews

Kokanje tref alle maatreëls teen Covid-19

Die derde vlaag Covid-19-infeksies het ook die Waterberg hard getref.

By die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle word alle moontlike maatreëls steeds getref om die inwoners veilig te hou.

Volgens Anina Pretorius, woordvoerder van die oord, het die bestuur op Maandag 7 Junie ’n amptelike skrywe uitgestuur om inwoners in kennis te stel dat alle byeenkomste gestaak en geen besoekers meer ontvang mag word nie.

Alle etes is voortaan beskikbaar om weg te neem en tuis te nuttig. Privaat tuiniers en huiswerkers se dienste is sedert Vrydag 18 Junie tydelik opgeskort as voorsorgmaatreël.

Pretorius het gesê 16 inwoners is positief getoets en isoleer tuis. Twee is in die hospitaal. Vyf is as voorsorgmaatreël in tuisisolasie en 12 in die versorgingseenheid is positief getoets en tans in die kwarantyneenheid. Sewe personeellede is positief getoets en isoleer tuis.

Intussen het die privaat mediese praktyk in die oord ook sy deure tydelik gesluit weens ’n positiewe Covid-19-geval.

Related Articles

Back to top button