Local newsNews

Marco Schoonwinkel stabiel ná gemsbok-voorval

Gebede stroom steeds in vir die Schoonwinkel-gesin nadat Marco Schoonwinkel, ’n bekende beroepsjagter van die Thabazimbi-omgewing, vroeër vandeesmaand deur ’n gemsbok gegaffel is.

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) het op Sondag 6 Junie ’n verklaring uitgereik waarin hulle die voorval bekend gemaak het.

Volgens Phsasa-woordvoerders is Schoonwinkel van ’n jagplaas buite die dorp per helikopter na die plaaslike Mediclinic vervoer waar hy inderhaas gestabiliseer is voordat hy oorgeplaas is na Cinto Care-hospitaal in Pretoria.

Hy het dadelik ’n noodoperasie ondergaan. Schoonwinkel het volgens Phasa ’n noue ontkoming gehad nadat die gemsbok se horing hom onder sy naeltjie deurboor en ’n hoofslagaar geskeur het voordat dit sy rugwerwel deurboor het.

Schoonwinkel is steeds in die hoësorgeenheid, maar sy toestand word as stabiel beskryf.

Related Articles

Back to top button