Local newsNews

Warm sop vir lang wagtoue

Die bestuur van die Modi Mall-winkelsentrum in Modimolle gee sedert April vanjaar koppies warm sop en broodjies aan die ongeveer 200 bejaardes wat toustaan in die sentrum vir hul maandelikse staatspensioen en maatskaplike toelaes.

Volgens Sonja Beukes, bemarkingsbestuurder van die sentrum, begin pensioentrekkers al douvoordag toustaan en sommiges reis van so ver as Tuinplaas.

“Die sop en broodjies word vanaf 07:00 uitgedeel en die vriendelike gesigte getuig van dankbaarheid, veral op ysige wintersoggende,” het sy gesê.

Beukes het aan Die Pos vertel hul hoofkantoor, Exemplar Real Estate Investment Trust (REIT), het die fondse vir dié projek bewillig.

“Ons maatskappy se leuse is Change for Good, en hierdie sop-projek maak beslis ’n positiewe verskil vir die mense wat vroegoggend hier sit en wag,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button