Local newsNews

SAVF vereer sy staatmakerlede

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se takke in Limpopo het op Donderdag 13 Mei hul jaarlikse konferensie in Polokwane gehou.

Die nuwe provinsiale leiers is aangewys en sertifikate van waardering is aan lede met baie jare van diensbaarheid oorhandig.

Henriette Els, streekbestuurder van SAVF Limpopo-Suid, het aan Die Pos gesê verskeie sprekers het dieselfde boodskap ondersteun dat die SAVF al vir 116 jaar hoop gee aan kwesbare mense.

Die volgende lede in die Waterbergstreek het sertifikate van waardering ontvang vir hul jare van diensbaarheid:

Coreen Campher, voorsitter SAVF-Nylstroom in Modimolle en Lana van der Watt, SAVF-Warmbad in Bela-Bela, het albei sertifikate ontvang vir vyf jaar diens.

In die SAVF-Thabazimbi-tak het die volgende lede sertifikate ontvang:

Jakkie Vos (25 jaar), Madelein Lamprecht (10 jaar), Anna-Marie Oosthuizen (vyf jaar) en Heleen van der Merwe (vyf jaar). Annali Connear, voorsitter van die SAVF-Thabazimbi-tak, is vir die tweede jaar aangewys as viseprovinsiale leier van SAVF Limpopo-Suid.

  • SAVF Limpopo-Suid dek die Waterberg- en Capricorn (Polokwane)-streek.

Related Articles

Back to top button