Local newsNews

‘Plaasdokter’ vertel vroue oor gesonde leefstylkeuses

Die Vroue Landbou-unie se Nylstroom-tak in Modimolle het op Dinsdag 18 Mei by die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle vergader.

Dr. André Ebersohn was die gasspreker. Hy staan ook bekend as die “plaasdokter”, want hy woon en praktiseer op ’n plaas net buite Modimolle.

Volgens Elsa du Plessis, skakelbeampte van die Nylstroom-tak, het Ebersohn op ’n baie pittige wyse die pad na ’n gelukkige en genoegsame herfs- of winterjare omskryf.

“Dit is ons keuse om gesonde lewenswaardes te kweek en ’n positiewe ingesteldheid te beoefen. Draai jou rug op die donker en oefen jou brein om daagliks, in alle omstandighede, die positiewe te ontdek,” het hy gesê.

Inwoners wat belangstel om aan te sluit by die VLU, kan vir Elsa du Plessis bel by tel. 082 707 9506.

Related Articles

Back to top button