Local newsNews

VLU-Soetdoringstreek blink uit op kongres

Die VLU-Soetdoringstreek het op Woensdag 5 Mei die jaarliks VLU-Noord-kongres by die Weesgerus-vakansieoord buite Modimolle aangebied.

Verskeie toekennings is tydens die kongres gemaak aan vroue van die drie deelnemende streke: Bosveld-, Koraal- en Soetdoringstreek.

Die Soetdoringstreek het uitgeblink met vier van die vyf persoonlikhede van die jaar wat uit dié streek afkomstig is.

Martie Janse van Rensburg van die VLU- Potgietersrus-tak was eerste in die preserveringafdeling. Sy is ook verkies as VLU-Noord se nuwe beoordelaarsameroeper vir alle kompetisies.
Joan Erasmus van die Potgietersrus-tak is die lid wat die hoogste punte behaal het. Op die foto oorhandig Leanda Le Cornu (VLU-Noord president) die toekenning aan haar. Erasmus het ook ’n tweede plek in die hekelwerk-kompetisie en ’n eerste plek in die breiwerk-afdeling behaal.
Leanda Le Cornu (president van VLU-Noordstreek) oorhandig die wisseltrofee aan Lilian Weber (voorsitter van die Soetdoringstreek) nadat dié streek in vyf afdelings (gebak, preservering, kuns, masjienborduurwerk en breiwerk) met die louere weggestap het. Dié streek het ook ’n tweede plek in die masjienwerkafdeling behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button