Home/News/Local news/Geite en giere… Local newsNews Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? May 31, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Die vroue van VLU-Noord se Soetdoringstreek het op Woensdag 19 Mei en weer op Saterdag 22 Mei ’n verrykende kuns- klas by “Die Lady se Suitcase” in Bela-Bela bygewoon. Sandra van Wyk het die vroue die fynere tegniek van die nuwe kunsgier kolkuns (dotart) geleer. Op die foto is die vroue wat die kursus bygewoon het. Gerbrand en Ané Gildenhuys is op Saterdag 20 Maart by Olives and Plates-buiteklub op die Wits-kampus in Johannesburg in die eg verbind. Gerbrand, ’n oud-Nylie, is die seun van Tiaan en Santie Gildenhuys wat onderskeidelik in Pretoria en Modimolle woon. Ané se ouers, Louis en Marianne Horn, woon in Centurion. Die paartjie het hulle in Parktown, Johannesburg, gevestig. Hulle is albei in die regsprofessie.Die Pos se kantoor in Albert Lethulistraat in Modimolle spog met splinternuwe naamborde. Baie dankie aan Marinda van Staden, eienaar van MTM Signs in Modimolle, vir al die moeite. Ons beveel haar dienste graag aan. May 31, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print