Local newsNews

Kuikenden Kleuterskool vereer hul vroue en moeders vanjaar op swierige wyse

Die gesegde lui “agter elke suksesvolle man, is daar ’n vrou,” en die afgelope week het die kinders en onderwysers by Kuikenden Kleuterskool in Thabazimbi tyd gemaak om die vroue in hul lewens te eer vir hul bydraes.

“Dit is juis danksy dié gesegde dat dit vir ons belangrik is om die vroue in ons en ons kinders se lewens te vier,” het Rina Stander van Kuikenden aan Die Pos gesê.

Mense kry elke jaar in Mei die geleentheid om tydens Moedersdag hulde te bring aan hul ma’s. Kuikenden het dus besluit om gasvrou te speel vir ’n groep Thabazimbi-vroue vir ’n welverdiende dag van bederf.

Vir Jandré Pretorius was dit ’n spesiale voorreg om die Moedersdaggeleentheid by Kuikenden Kleuterskool saam met sy mamma Elzaan, en sy ouma, Marietjie van der Merwe, te vier.

In egte Thaba-styl het die tafels gekreun onder heerlike vingerhappies en versnaperings waaraan die eregaste kon smul terwyl hulle saam met hul kinders die dag geniet het.

Marlize van Staden, ’n 11-jarige naskoolleerder by Kuikenden, het tydens die geleentheid ’n gediggie voorgedra om vir haar eie ma, en ook vir ma’s regoor Thabazimbi, te wys hoe baie hulle vir die kinders beteken.

Vir die Struwig-gesin van Thabazimbi was die Moedersdagviering ’n familiegeleentheid. Op die foto is Bella, Keagan en Caleb Struwig saam met Janine en Michelle Struwig.

“Vroue word dikwels op die agtergrond geskuif en juis daarom wou ons dankie sê aan elke ma, ouma, stiefma en tannie wat almal ’n rol in ons kinders se lewens speel,” het Stander verduidelik.

Related Articles

Back to top button