Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Jane Fourie (75), ’n bekende en geliefde inwoner van Bela-Bela, is op Woensdag 5 Mei oorlede. Sy het reeds geruime tyd ernstige gesondheidskomplikasies ondervind. Haar roudiens het op Dinsdag 11 Mei vanuit die NG Moedergemeente in die dorp plaasgevind. Haar man, Theo, het haar in sy huldeblyk as ’n sterk, doelgerigte, gedrewe en liefdevolle vrou beskryf. Sy laat haar man, kinders en kleinkinders agter.
Sakeondernemings in die nywerheidsgebied van Modimolle slaan hul hande saam oor die vordering wat gemaak word met die lê van plaveiselstene op die grondpaaie in dié omgewing. Die Pos berig al geruime tyd oor die uiters swak toestand van die paaie, veral wanneer dit reën. Die projek is deur die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit befonds met geld wat reeds in 2020 daarvoor opsy gesit is. Op die foto is ‘n span werkers druk besig om die plaveisel stene te lê.

Related Articles

Back to top button