Local newsNews

Balke toe! sê Leeupoort se mense

Daar is die afgelope naweek groot makietie in Leeupoort (tussen Bela-Bela en Thabazimbi) gehou tydens dié gemeenskap se jaarlikse konsertinafees.

Honderde boeremusiekliefhebbers van dwarsoor Suid-Afrika het op Saterdag 8 Mei in Leeupoort saamgetrek.

Die fees word jaarliks gekenmerk deur goeie musiek, heerlike kos en dans dat die stof (meel) so staan. Dit is ook net die plek waar goeie vriende tot laataand kan kuier.

Verskeie kunstenaars het die verhoog gedeel met bekende musikante soos Kosie Beukes en Lieb Bester.

Die Leeupoort-orkes het self die gaste bederf met ’n paar gewilde konsertina-nommers.

Altesame 30 musikante het ook hul trekklaviere nadergetrek en gelyktydig op die verhoog verskyn.

Hulle het die gehoor se voete behoorlik laat jeuk met hul uitvoering van ou bekende treffers.

Volgens die organiseerders van die fees was dit ’n groot sukses en word daar beoog om dit weer aanstaande jaar aan te bied.

Related Articles

Back to top button