Local newsNews

Voortrekkers maak die beste van ’n kort vakansie

Die Ysterberg Voortrekkers het die afgelope naweek hul skoolvakansie afgesluit met ’n welverdiende en opwindende wegbreek na die Klipbokkie-kampterrein net buite Thabazimbi.

In egte Vorie-styl het hulle die kommandokamp afgeskop met lekker stokbrood, vars boerewors en natuurlik laataand met ’n fakkelloop na die geheimsinnige mini-woud.

Die Penkoppe, Drawwertjies, Verkenners en hul offisiere het op Saterdag 1 Mei die gewilde staproete teen die berg uitgeklim.

Die Ysterberg-kommandolede neem ’n welverdiende ruskans onder die oorhang van die Ysterberg wat hul op Saterdag 1 Mei uitgeklim het.

Dit was ’n stywe stap en van die offisiere het maar geblaas, maar vir die Vories was dit net hope pret.

Om ’n Voortrekker te wees, leer kinders meer oor hulself, hul geloof, taal en land.

Die Penkoppe en Drawwertjies van die Ysterberg Voortrekkerkommando plant ’n inheemse boom op die Klipbokkie-kampterrein waar hulle die afgelope naweek gekampeer het.

Hierdie naweek het die Vories weer kans gekry om in die natuur te wees en hul waardes te verdiep.

Kinders leer vaardighede terwyl hulle pret het. Daar is meegeding om die beste bos-yskas te bou. Dit is kennis wat goed te pas kan kom vir die jagseisoen wat voorlê.

Related Articles

Back to top button