Local newsNews

Dankie ma

Moedersdag word vanjaar op Sondag 9 Mei gevier.

Die Pos het ons lesers gevra wat hul ma’s se beste en mooiste eienskappe is. Hier is ’n paar antwoorde:

Cynthia Rabalao.

Khunedi Rabalao: My mother, Cynthia Rabalao, is a strong, God-fearing woman who brought us up with love. Her undivided support is what me and my siblings will cherish forever.

 

Myrle Bester.

Lizelle Bester Boshoff: My ma, Myrle Bester, is ’n ouma wat die wêreld vir haar kleinkinders sou gee. Sy bederf met minipizzas en ’n klein vetkoekie en natuurlik ook ’n piesangbroodjie. Sy is ’n ma wat deur dik en dun altyd daar is. Sy is soos ’n rusbank waar jy gaan sit en afpak en veilig voel. Sy deel haar liefde en haar kennis met oorgawe. Ek kon nie vir ’n beter ma gevra het nie. Sy is my rots en ’n ware engel van God. Ek is onbeskryflik lief vir my ma.

Moeder van Marcelle Maritz.

Marcelle Maritz: My ma staan by my deur dik en dun. Daar was baie uitdagings met my as haar oudste, maar sy het altyd tyd vir luister en raad en liefhê. Dankie vir ‘n ma — dit is wat saakmaak vir ‘n kind.

Verna Ross.

Verna Els: Vir al die jare se opofferinge kan ons nooit genoeg dankie sê nie. My ma, Verna Ross, se hande staan nooit stil nie, sy deel en gee alles vir almal. Ons is so dankbaar vir ’n fantastiese ma en ouma sonder wie ek nie my lewe kan voorstel nie.

Marinda Redelinghuys.

Bianca Allen Tarrant: My ma, Marinda Redelinghuys, is my steunpilaar, my maatjie, my skouer, my ma met wie jy jou hart kan uitpraat. Sy gee haar laaste om ons gelukkig te maak. Dankie Here, vir my ma. Sy het ’n rowwe grondpad geloop, maar bly steeds ’n sterk vrou. Ek is so lief vir haar. Dankie Here dat U haar gekies het om my mamma te wees.

Babsie van der Westhuizen.

Etresia van der Westhuizen: Die beste ma wat daar ooit kan wees, is Babsie van der Westhuizen. Elke dag is ‘n stukkie genade uit ons Vader se hand. Ten spyte van moeilike omstandighede, is daar altyd ‘n glimlag op haar gesig. Haar onwrikbare geloof en gebede hou my aan die gang as ek wil moed opgee.

Moeder van Lienkie Badenhorst Van Schalkwyk.

Lienkie Badenhorst Van Schalkwyk: Mamma se mooiste eienskap is dat sy met ’n passie leef. Sy is altyd vol idees hoe om gate in ons klere te stop, ’n blommetjie hier en ’n lappie daar. Dit is hoe sy in ons kinders se lewens is. Sy stop ons “gaatjies” vir ons. Partykeer met blommetjies ander kere met meer harde woorde. Sy is ons rots en ons is so lief vir haar. Dankie, Mamma, dat jy my sielsgenoot is.

Related Articles

Back to top button