Local newsNews

Vroue besoek bekende digter

Die vroue van die Naboomspruit VLU-tak het op Woensdag 14 April met die plaaslike digter, Anzé Bezuidenhout, gaan kennis maak.

Dit was ’n heerlike, informele uitstappie na Bezuidenhout se padstal, Ietsi van Als, buite Modimolle.

Natuurlik is die geleentheid aangegryp om deur die mengelmoes mooi artikels in haar padstal te snuffel.

Die winkel is ’n bewys van Bezuidenhout se kreatiwiteit en ondernemingsgees. Dit was ’n gesellige oggendkuier waar die vroue haar as mens beter leer ken het. Haar opregtheid, eerlikheid en warmte het lede oorrompel.

Dit is ook hierdie eienskappe wat die VLU in haar digkuns sien. Dié sprankelende boervrou van die Springbokvlakte, ma en ouma het ’n groot voorliefde vir woorde.

Sy druk graag haar diepste gevoelens en gedagtes oor alles in haar lewe in digvorm uit. Sy het al verskeie digbundels uitgegee wat baie goed ontvang is.

Haar nuutste bundel is “Ek (en jy) is susters van Eva” wat oor die Bybelse vroue handel.

Bezuidenhout is reeds twee keer as die VLU se Digter van die Jaar aangewys en hulle is trots daarop dat dié besondere vrou ’n uitvoerproduk van die Bosveld is.

Related Articles

Back to top button