Local newsNews

Vroue bederf met heerlike ontbyt

Die vroue van die VLU se Sonskyn-tak in Bela-Bela het op Woensdag 7 April die VLU-Noord-vroue wat die Bosveldstreek, Koraalstreek en die Soetdoringstreek insluit, bederf met ’n heerlike ontbyt in die swembadsaal van TuinTuiste-aftreeoord in Bela-Bela.

Die beoordeling van artikels vir die VLU-kongres in Mei is tydens die byeenkoms deur die beoordelaars van Overvaal-streek afgehandel.

Meisie Furter (Soetdoringstreek-tesourier), Ina Kruger ( VLU-Noord- beoordelaarsameroeper) en agter Lilian Weber (Soetdoring-streek voorsitter); Riana Oosthuizen (Bosveld-streek voorsitter), Genevieve de Wet (Koraal-streek se beoordelaarsameroeper), Ria Strydom (Strewe-tak), Joan Erasmus (Soetdoring-streek se beoordelaarsameroeper) en Leanda le Cornu (VLU-Noord-president) het heerlike saam met die vroue van Bela-Bela gekuier.

Related Articles

Back to top button