Local newsNews

PaasVARKE agter die stuur

’n Leser het aan Die Pos gesê dit het haar sowat vier uur geneem om ongeveer 7 km af te lê.

Bela-Bela het die afgelope naweek die nasionale nuus om al die verkeerde redes gehaal.

Chaotiese verkeerstoestande het by die toegangsroetes van dié dorp geheers en talle vakansiegangers het gesê hulle kan elke haar uit hul kop trek dat hulle Bela-Bela se paaie oor Paasnaweek aangedurf het.

Wetteloosheid was op Maandag 5 April aan die orde van die dag en videomateriaal toon hoe tot vyf voertuie op die enkelpad tussen die Klein-Kariba-vakansieoord en Bela-Bela langs mekaar ry — teen die verkeer in, op die grondgedeelte langs die pad en sommiges teen ’n verbysterende spoed. Lees volledige berig elders.

Gebruik die PixzAR-toep om na dié video te kyk wat ’n leser aan Die Pos gestuur het. Dit is heel eenvoudig – skandeer net die foto in die gedrukte uitgawe van Die Pos met jou slimfoon.

Related Articles

Back to top button