Local newsNews

Paasnaweek: Só het N1 presies ’n jaar gelede gelyk

Dié ikoniese foto van die Kranskop-tolplaza op die N1-snelweg is presies ’n jaar gelede deur Die Pos geneem toe die Covid-19-pandemie Suid-Afrikaners gedwing het om Paasnaweek tuis deur te bring.

Die pad was altyd bekend vir die ontsaglike swaar verkeer oor Paasnaweke wanneer duisende pelgrims na Moria, buite Polokwane, reis. Reisigers kan dié naweek (vanaf Donderdag 1 April tot Maandag 5 April) wel ’n toename in verkeer op die N1 verwag. Daar was die afgelope week kort-kort gerugte dat pres. Cyril Ramaphosa die land na ’n strenger vlak van inperking wil dwing, veral wat drankverbruik oor Paasnaweek betref, maar teen druktyd vandeesweek het die huidige vlak 1-maatreëls steeds gegeld: Mense mag tussen provinsies reis, saamtrekke binne geboue was beperk tot 100 mense en 250 mense in die buitelug, die aandklokreël het van 00:00 tot 04:00 gegeld en daar was steeds ’n beperking op die dravermoë van openbare vervoermiddels wat afstande langer as 200 km aflê.

Related Articles

Back to top button